1. Wat is 'n Leerstyl? 'n Leerstyl is die manier waarop jy inligting onthou. Jou spesifieke leerstyl word beïnvloed deur jou persoonlikheid, jou belangstellings en ook jou tipe intelligensie. Jy het al seker gehoor mense sê: "Ek is 'n prentjie-mens." Dit is 'n leerstyl! Prentjie-mense is visueel gedrewe leerders, wat een van baie leerstyle is. 2. Hoekom is dit belangrik om jou leerstyl te weet? Sodra jy begin verstaan hoe jou brein inligting absorbeer en watter tipe inligting dit makliker onthou, gaan leer vir jou 'n totaal nuwe wêreld word. Jy sal sommer gou agterkom dat jou nota's meer by jou persoonlike leerstyl begin pas, jy onthou soveel meer dinge soveel vinniger en jy werk meer effektief. 3. So, "Wat is my leerstyl?" Daar is baie verskillende klassifikasies van leerstyle, ek wil graag twee tipes bespreek. 3.1. Leerstyle gebaseer op tipe intelligensie
Daar is 7 leerstyle wat gebaseer word op jou tipe intelligensie. Dit is moontlik dat jy met meer as een identifiseer of 'n kombinasie van leerstyle het.
From <http://www.learning-styles-online.com/inventory/results.php>
Die Felder Silverman Model werk in vier stelle dimensies. Die dimensies werk soos introvert-ekstrovert. In elke dimensie is jy die een of die ander. Die intensiteit kan wel verskil. Bv. mens kry ligter introverte en dan kry jy ekstreem introverte. Sensories - Intuïtief
Sensoriese leerders hou meer van feite Intuïtiewe leerders hou meer van betekenis Visueel - Verbaal Visuele leerders leer vanaf beelde, grafieke en diagramme Verbale leerders leer vanaf teks Aktief - Reflektief Aktiewe leerders leer deur eksperimente en in groepe Reflektiewe leerders leer deur te dink en analiseer. Hulle leer eerder alleen. Volgordelik - Globaal Volgordelike leerders kyk na details om die groot prentjie te verstaan. Globale leerders kyk na die groot prentjie om die details te verstaan. Lees meer oor Felder Silverman Leerstyle op North Carolina State University se website
0 Comments
Leave a Reply. |
Blog SkrywerHannari Venter, 'n Onderwyseres by Jomar Middagsorg en Ekstra Klasse skryf die meeste van ons Blog Artikels. Archives |