Wiskunde Ekstra klasse:
Die doel van ekstra klasse is tweeledig. Eerstens word kinders geleer om nota's en opsommings te maak en tweedens word eksamentipe vrae gebruik om begrip te fasiliteer en verbeter. Daar is 'n maksimum van vier leerlinge van dieselfde graad per klas om persoonlike aandag te verseker. Klasse word aangebied deur 'n gekwalifiseerde en ervare onderwyseres. Tye: Maandae tot Vrydae 14:30 - 18:30 Leerders van Graad 9 - Graad 12 Fooie (Opgedateer Jan 2017): Alle fooie is streng vooruitbetaalbaar vanaf Januarie tot November. Aansluitingsfooi: ‘n Aansluitingsfooi van R 250 is betaalbaar voordat plek bespreek word. Die aansluitingsfooi betaal ‘n ekstra handboek wat die kind kry om uit te werk en administratiewe fooie. Opsie 1: R550 per maand (klas een keer per week) Opsie 2: R1000 per maand (klas 2 keer per week of twee kinders 1 keer per week) Opsie 3: Privaatles, een-tot-een. R 700 per maand. |
Middagsorg:
Die doel van die middagsorg is om vir kinders 'n gunstige leeromgewing te skep waar hulp met huiswerk in 'n huislike atmosfeer beskikbaar is. Daaglikse terugvoer word aan ouers gegee oor die leerders se vordering, prestasies en probleem areas. Mariette, die hoof van die middagsorg het twintig jaar ondervinding in die opvoedkunde bedryf, waarvan tien jaar in formele onderwys is. Sy bied studiemetodes en -tegnieke, lees en wiskundige programme, kleuter- en leergereedheidsprogramme aan. Sy word ook bygestaan deur vaardige studente. Tye: Maandae tot Vrydae 12:30 - 17:00 Vakansiesorg is beskikbaar op aanvraag teen 'n ekstra koste van R 80 per dag. Middagetes en 'n snoepie is beskikbaar by die middagsorg. Leerders van Graad R - Graad 7 Fooie: Alle fooie is streng vooruitbetaalbaar vanaf Januarie tot November. Plekreserveringsfooi: R 350 dadelik betaalbaar om u kind se plek te verseker. Graad R-7: R 1 100 per maand |